Kevin de Klerk in sy ateljee in Markstraat. Dié ateljee is een van die talle tuisuitstallings wat deel uitmaak van die gewilde kunsfees Prince Albert Open Studios wat van Donderdag tot Sondag (5 tot 8 Julie) plaasvind. Foto: Marlene Malan
MEER as 25 kunstenaars en fotograwe stal vandeesweek van Donderdag tot Sondag (5 tot 8 Julie) hul werk uit op die gewilde kunsfees Prince Albert Open Studios.
Dié geleentheid is ’n tuisuitstalling van kunswerke. Alle besoekpunte in en om die dorp is op ’n kunsroetekaart aangebring – ook die kunsgalery Prince Albert Gallery en die teater The Showroom waar die kunsfilm Tree of Life vertoon word.
Die eerste Open Studios het in Desember verlede jaar plaasgevind, en was so suksesvol dat die kunstenaars én dorp dit nou twee keer per jaar wil aanbied.
• Rig navrae aan:
princealbertopenstudios@gmail.com of aan www.princealbertopenstudios.art