Dié pragtige skildery van Glendine kan in ’n gelukkige trekking vir ’n bydrae van slegs R20 gewen word!
OUDTSHOORN se dierevriende samel weer geld in vir die diere van die dorp, en vir ’n skamele R20 kan jy ’n pragtige skildery van die skilder Glendine van De Rust wen. Die spertyd om jou naam op ‘n lys vir die gelukkige trekking te kry waardeur die wenner van die skildery bepaal sal word, is Donderdagmiddag.
Vorms waarop ’n R20-bydrae gemaak kan word, is op Oudtshoorn beskikbaar by Bottega (oorkant Spur) en Die Hoorn, en in De Rust by The Village Trading Post en Mooikaroo.
Die geld wat ingesamel word, sal hoofsaaklik aangewend word vir die sterilisasie van diere.
Glendine, ’n groot diereliefhebber, sê sy skenk die skildery graag. “Daar is geen waarde daaraan om ’n talent te ontvang en nie bereid te wees om dit met ander te deel nie,” sê sy.