Deur Liesel le Roux
DIE DA het verlede Woensdag ’n taai tussenverkiesingstryd tussen die party en die ANC in Wyk 13 in Bridgton, Oudtshoorn gewen.
Die nuwe DA-raadslid is Marcellis Theyse, ’n bekende onder die inwoners van die wyk.
Hoewel die DA die wyk behou het, was daar ’n merkbare afname in sy steun in vergelyking met die uitslae van die landwye munisipale verkiesings van 2016.
Die ANC se steun het daarenteen sterk toegeneem.
Die DA se steun het afgeneem van 60,19% van die stemme in 2016 na 50,59% verlede week, terwyl die ANC se swak steun van 2016 (27,12%) toegeneem het na 44,33%.
Verskeie inwoners van die wyk het die afgelope week aan Die Hoorn gesê dat die DA nie op sy louere moet rus nie en die gevaar loop om nog groter steun in die wyk en die dorp te verloor. Dit wil voorkom of Patricia de Lille se situasie in Kaapstad een van die groot redes hiervoor is
• Die uitslae: DA: 986; ANC: 864; ACDP: 77 (3,95%) en EFF: 22 (1,13%).