Kunstevriende: gedigte en musiek dié Dinsdag

unnamed
GEDIGTE en musiek is op die spys­kaart vir die tweede byeen­koms van die nuutgestigte Oudts­hoorn Kunste­vriende volgende Dinsdagaand (15 Mei).

Inwoners word genooi om ’n piek­niekmandjie te pak en saam te kom kuier.

Bring ook jou eie wyn saam.

Die byeenkoms vind soos die      vo­rige keer in die Klein Karoo Ostrich Emporium (ou Bokomo-gebou) plaas.

Die program sal bestaan uit ge­dig­te van Coen Basson, Susan Ongansie en Hannes Visser terwyl Jaco Kriek op saksofoon en Ma­ris­ca Visagie met sang en kitaar teenwoordiges sal vermaak.

Die byeenkoms begin om 18:00 vir 18:30.

Kaartjies (R50) is by Die Herrie te koop, of EFT na Capitec 57 846 9609 en gebruik naam en van as verwysing en kry kaartjies die aand van die uitvoering.