Die Hoorn het ’n aantal graad 1- en 2-leerders van Laerskool Laurus gevra om met die oog op Moedersdag iets oor hul ma te skryf of te teken.

Marli Fouché, gr 1, se skets is links.

Waynisha Anthony gr 1. Ek is lief vir my ma!

Ruan Lerm, gr 3: My ma werk hard vir ons, sy is ’n ster en ek is lief vir haar.

Roneldo Moni, gr 2: Mamma is my hero.

Linray Meiring, gr 2: My mamma is baie lief vir my en ek is lief vir my mamma.

Juanté Booysen, gr 3: My ma, gelukkige moedersdag, dankie dat jy so lief is vir my.

EG Botha, gr 2: Mamma is die beste in die wêreld. Ek gaan altyd lief wees vir Ma.

Diego Wagenaar, gr 3: My ma is die beste, want sy is altyd daar vir my en help my om uit my foute te leer.

Kayla Lombard, gr 3: My ma is vir my spesiaal en mooi en sy gee om vir almal.

Xander Vercuil, gr 1: My mamma is die mooste.

Shané Pikaan, gr 2: Ek is baie lief vir my mamma, want sy is alles vir my.