Bekende pianis eersdaags hier

’N BEKENDE Suid-Afrikaanse pianis wat gereeld internasionaal optree, Charl du Plessis, tree op Donderdag 30 Januarie in die Cape Karoo Ostrich Emporium op Oudtshoorn op.

Die produksie, getiteld Freehand, word deur die Oudtshoorn Kunstevriende aangebied.

Charl toer landwyd met die produksie.

Kaartjies kos R100 per persoon en is beskikbaar by Antoinette (084567 1030), AnneLise (072 592 3928) en Die Herrie (055 272 5688).

Pizza en ander verversings kan die aand van die konsert van 18:00 af gekoop word.