Rieldans-kampioene uit Prins Albert!

Die Prins Albert Vastrappers het Saterdagaand handevol pryse gewen in die eindronde van die ATKV se nasionale rieldanskompetisie by die Taalmonument in die Paarl. Hulle is vereer in die katego­rieë vir beste mu­sikante; beste liedjie (oorspronklike musiek en liriek) – Sara van Rooi; beste o.14-danser – Zannadann van Rooi; bes­te o.20-danser – Carlton Sass; o.14-kampioen-rieldansgroep; tweede o.20-rieldansgroep. Die groep, wat nog net vier jaar lank bestaan, se afrigter is Sara van Rooi en hul bestuurder Denise Ohlson. Foto verskaf

Bo: Van Prins Albert se jong rieldansers in aksie by ’n byeenkoms vroeër vanjaar.  Foto’s: Marlene Malan

Sara van Rooi, afrig­ter en bekroonde liedjieskrywer van die Vastrappers.  Foto: Marlene Malan