Deur Ben du Preez
DIE Oudtshoorn Gholfklub se houespel Saterdag, waaraan altesame 31 spelers deelgeneem het, is gewen deur William Malgas met 68 houe.
Jaco Mortlock (71 houe) was twee-de en JW Neethling (ook met 71) op ’n uittel derde.
Malgas, wat ’n spogtwee op die twaalfde putjie geslaan het, het die boerpot gewen. Rudy Mortlock het ’n spogtwee op die agtste geslaan en Clement Rex op die twaalfde.
• Deon Barnard het, Woensdag, 14 Junie, se gholfdag met ’n telling van 34 punte gewen.
Terry van Coller (39 punte) was tweede en George Fourie (ook met 39) op ’n uittel derde. Louis Slabbert (38) was vierde en Anton Kok (36) vyfde. Winston Coerecius het die boerpot gewen.
Francois Verwey, Willem Burger en Anton Kok het al drie spogtwees op die twaalfde geslaan en Celeste Barnard op die vyftiende.