Weer tyd vir gewilde sakeaflos

DIS byna weer tyd vir die Timbercity Klein Karoo Sakeaflos wat op Maandag, 2 Maart, in Baron van Reedestraat op Oudtshoorn plaasvind en deur die Klein Karoo Atletiekfonds aangebied word.

Die aflos begin om 18:00 voor Santa Fé Spur. Die roete is 2 km lank en lei met Baron van Reedestraat langs, maak ’n U-draai op die hoek met Van der Rietstraat en dan terug na die beginpunt.

Drafspanne bestaande uit ses lede of stapspanne bestaande uit vier lede kan vir die aflos inskryf. Die koste per drafspan is R150 en per stapspan R100. Elke spanlid moet die roete van 2 km voltooi waarvoor hulle ’n medalje ontvang.

Gemengde drafspanne moet uit drie manlike en drie vroulike deelnemers bestaan en deelnemers mag nie jonger as 9 jaar wees nie.

Die verskillende kategorieë waarvoor ingeskryf kan word is mans, vroue, gemeng, besighede, hoërskole, laerskole, gestremdes en magte (polisie-/weermag ens). Spanne moet geïdentifiseer kan word aan hul eenvormige drag.

Vir Fancy dress-spanne wat inskryf, is daar pryse te wen vir die oorspronklikste kostuums.

Inskryfvorms word wyd versprei na onder meer besighede, skole en ander instansies. Dit is ook beskikbaar by die Spur en by die Oudtshoorn Toerismeburo. Vorms kan ook per e-pos verkry word by davesusvdw@gmail.com. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 28 Februarie. Vir navrae kontak Dave van der Walt by 0827734901.

Be the first to comment on "Weer tyd vir gewilde sakeaflos"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*