Deur Higgo Jacobs
DIE Schoemanshoekwedlope oor 21,1 km en 10 km het Saterdag ’n rekordgetal van 260 deelnemers gelok. Dié wedlope het saamgeval met die NG Kerk Kangovallei se kerkbasaar.
Lloyd Bosman van George het die 21,1km-wedloop in 1 uur 12 min 16 sek gewen.
Twee Oudtshoorniete, John April (1:12:45) en Francois Maquassa (1:14:31) was tweede en derde.
Louisa du Buisson van Oudtshoorn het die meestersafdeling (50-59) in 2:14:31 gewen en Ernst van Zyl die stap in 02:27:30.
Selwyn Matthews (33:47) het die 10km-wedloop gewen met Anderson Ncube (34:13) in die tweede plek.
Die meestersafdeling (50-59) is gewen deur Patrick Peters van die SAW, terwyl Leon van der Merwe (51:57) die eerste grootmeester (60-69) oor die wenstreep was.
In die vroue-afdeling het Zelma Hugo die junior afdeling gewen in 50:24 en Iona du Plessis die meestersafdeling in 1:06:22.
Cecilia Swiegers van Oudtshoorn het die Groot Grootmeestersafdeling gewen in 1:17: 55.
Marina van Zyl was eerste in die stap (1:12:23).