Vrouetoernooi vind groot byval

By Donderdagaand se burgermeestersonthaal was van links Trevor Davis, Kallie Haupth, Rob Forbes, president van Rolbal Suid Afrika, Julia le Roux- Krowitz, speaker van Oudtshoorn Munisipaliteit, Gertjie Bekker, president van die klub, en Dave van der Walt van Eden Sportraad.    Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Interdistrikte Vrouerolbalkampioenskap van Maandag tot Vrydag, 12 tot 16 Maart, by die Oudtshoorn Rolbalklub het van oraloor lof ontvang.

Altesame 160 vroue van regoor die land het mekaar die stryd aangesê.

Boland is Vrydagmiddag as kampioene gekroon toe hulle vir OP in die eindstryd geklop het.

Kallie Haupt, toernooidirekteur, was vol lof vir die baanopsigter, André Bezuidenhout, vir die goeie toestand van die bane ondanks die droogte. “Die vroue het jul gasvryheid baie geniet en met ’n positiewe gesindheid Oudtshoorn verlaat,” het hy in ’n boodskap aan die klub geskryf.