ALTESAME 219 atlete het op Woensdag, 9 Augustus, aan die Vrouedagwedlope oor 10 km en oor 3 km in Parkstraat op Oudtshoorn deelgeneem.
Die wedlope het by Klein Karoo Agri se nuwe Caltex Vulstasie in Parkwag begin en geëindig.
Nedbank-atlete het die vroue-afdeling oorheers.
Die 15-jarige Staphany Petro was met ’n tyd van 39 min 28 sek die algehele vrouewenner in die 10km-wedkloop. Sy was ook in die wedloop waaraan daar ook mans deelgeneem het.
Cecilia Nel was in 41:52 tweede onder die vroue en Brittney-Ann Meyer in 43:26 derde.
Booi Salman was in 35:27 algeheel eerste.
Ander tye sluit in: André du Preez (44:16); Theresa Bester (46:02); Francois Goosen (48:04) en Denise Nortier (58:10).