Tafelronde-gholfdag wenners

Wilco  Lourens (links) en Dwayne Venter (naaslinks) het Woensdag, 9 Augustus, met ’n telling van 47 punte die Tafelronde-gholfdag ge-wen. Die gholf was baie mededingend met die eerste ses pare spelers wat almal 47 punte behaal het. Die wenners is op ’n uittel bepaal. By die wenners is Gernes Claassen (naasregs), klubhuisbestuurder van Oudtshoorn Tafelronde, en Gideon Badenhorst, klubkaptein. Altesame 64 spelers het deelgeneem.    Foto: Higgo Jacobs

Wilco Lourens (links) en Dwayne Venter (naaslinks) het Woensdag, 9 Augustus, met ’n telling van 47 punte die Tafelronde-gholfdag gewen. Die gholf was baie mededingend met die eerste ses pare spelers wat almal 47 punte behaal het. Die wenners is op ’n uittel bepaal. By die wenners is Gernes Claassen (naasregs), klubhuisbestuurder van Oudtshoorn Tafelronde, en Gideon Badenhorst, klubkaptein. Altesame 64 spelers het deelgeneem. Foto: Higgo Jacobs

Die vrouewenners van die Tafelronde-gholfdag wat op Vrouedag plaasgevind het, was Anneline Badenhorst (links) en Ronel Huy- samen. Hul telling van 47 was dieselfde as dié van die wenners, maar hulle is op die uittel derde geplaas.    Foto’s: Higgo Jacobs

Die vrouewenners van die Tafelronde-gholfdag wat op Vrouedag plaasgevind het, was Anneline Badenhorst (links) en Ronel Huysamen. Hul telling van 47 was dieselfde as dié van die wenners, maar hulle is op die uittel derde geplaas. Foto’s: Higgo Jacobs

Desmond Malgas by sy kleindog-ter Chloe Kelpin (12) saam met wie hy by die Tafelronde-gholfdag ’n telling van 47 behaal het, dieselfde as dié van die wenners. Hulle is op die uittel vyfde geplaas. • Die talentvolle Chloe het op 19 Julie die jongste speler nog ge-word wat op Oudsthoorn se 3de putjie ’n kolhou geslaan het.

Desmond Malgas by sy kleindogter Chloe Kelpin (12) saam met wie hy by die Tafelronde-gholfdag ’n telling van 47 behaal het, dieselfde as dié van die wenners. Hulle is op die uittel vyfde geplaas. • Die talentvolle Chloe het op 19 Julie die jongste speler nog geword wat op Oudsthoorn se 3de putjie ’n kolhou geslaan het.