Vogel wen

Deur Garnett Wicomb
HARRY VOGEL het Saterdag die 165ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Olyflandgoed in ’n tyd van 19 min 31 sek gewen.

Die 15-jarige Jarred Coetzee was tweede in 21:00, sy persoonlike beste tyd nog.
Yaron Venter was derde gevolg deur Jacques Jacobs, Christo Niemand, Harry Carstens, Newald Groenewald, Deon van der Walt, Johann Coetzer, Hans Lareman, Matthys Myburgh, Albertus Ken-nedy. Tarren Jullies (25:45) was die vrouwenner.

Leonie Moelich (79) het Saterdag haar 100ste Parkrun voltooi en is nou lid van Klub Parkrun 100.

Altesame 79 drawwers en stappers het Saterdag deelgeneem.