Vier van Oudtshoorn na SA Meestersatletiek

Toy Ungerer en Johan Coetzer.

Toy Ungerer en Johann Coetzer.

VIER meesteratlete van Oudtshoorn gaan as lede van die SWD-span van vandag (Donderdag, 4 Mei) tot Saterdag aan die Suid-Afrikaanse Meestersatletiekkampioenskap in die Groenpunt Stadion in Kaapstad deelneem.

Benewens atlete van die SWD gaan atlete van WP, OP, Boland, Sentraal-Gauteng, Gauteng-Noord, Kwa-Zulu Natal, die Vrystaat, Sentraal- Noordwes, en die Grens teen mekaar meeding.

Die vier atlete van Oudtshoorn wat in die SWD-span opgeneem is, is:
• Tony Cleophas – 1500 m en 5000m draf in die ouderdomsgroep 50+
• Johann Coetzer – 200 m naelloop, verspring, driesprong en hoogspring vir mans bo 55 jaar;
• Lampies Lamprecht – 10000m vir mans bo 65; en
• Toy Ungerer – 100m- en 200m- naellope vir vroue bo 70.

Meestersatlete begin vanaf die ouderdom 30 tot die ouderdom waar atlete nog kans sien vir deelname.
Die ouderdomsgroepe verander in spronge van 5 jaar.