Vier Oudtshoorn Jukskei-klublede verteenwoordig Eden

Foto: Verskaf

Vier lede van die Oudtshoorn Jukskei-klub het op 30 November Eden verteenwoordig. Hulle is Magda Davel, Florine Zeeman, Jossie Nel en Bertus Nel.

Die kompetisie is in Mooresburg gehou en die Edenspan het teen ses spanne gespeel. Eden het ’n silwer medalje verower.

Distrikte wat teenwoordig was, was Eden, WP, Overberg, Kaapse Wynlande, Weskus en die Boland. Die Oudtshoorn Jukskei-klub is vroeër vanjaar gestig, en gaan van krag tot krag.