Vier leerders van die Oudtshoorn Vaardigheidskool is vir die SWD-krieketspan gekies wat van 1 tot 6 Oktober in Oos-Londen, aan die jaarlikse SA Kriekettoernooi vir leerders met LSOB (Leerders met Spesiale Onderrigbehoeftes) gaan deelneem. Bo is Ernest Loff (middel), spanbestuurder, saam met die vier spelers, van links Beviano Swiegelaar, André Isaacs (kaptein), Chenklin Booysen en Heinrich Agus.