Christine van Coller en Rida Bester van die Wesbank Tennisklub wat gekies is vir die SA 50+ span wat van 4 tot 10 Augustus in Lisabon en Estoril, Portugal, aan die 2019 Seniors ITF Wêreldspankampioenskap gaan deelneem. Dit is die tiende keer dat Van Coller vir haar land gekies is en Bester se sesde keer. Hulle is tans die vrouedubbelskampioene van hul klub, Eden en die WP. Foto: Garnett Wicomb