Twee dansers skitter in Londen

Rowan-Kelly Brinkhuys (12) en Chloë Britz (9).         Foto verskaf

Rowan-Kelly Brinkhuys (12) en Chloë Britz (9). Foto verskaf

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE jong danspaar van die Eurythmic School of Dancing op Oudtshoorn wat in Oktober aan die International 10 Dance Championship in bal- en Latynse danse in Londen deelgeneem het, het met hul Weense wals die beoordelaars beïndruk.

Volgens Katy Britz, stigterslid van die Eurythmic School of Dancing, is Rowan-Kelly Brink­huys (12) en Chloë Britz (9) onder die toptwee in dié dans geplaas. Dié twee belowende dansers gaan nou in Desember aan die Junior 1 Cham­pionship by Sun City deelneem.

Britz sê hulle sou nie in Londen kon deelgeneem het nie as dit nie vir hul borge was nie.
“Ons wil graag baie dankie aan die KKNK sê vir hul fondsinsameling en aan almal wat bygedra het. Hierdie kinders het baie talent en ek glo hulle sal baie suksesvol wees. Almal se bydraes het hulle gehelp om hul droom te verwesenlik,” sê Britz.

Sy het mense gevra om ’n braai te ondersteun waarmee fondse vir hulle ingesamel word vir Sun City (Advertensie langsaan).