Twaalf spanne by eerste Big Bird-muurbaltoernooi

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Muurbalklub het Saterdag die eerste Big Bird Dubbelstoernooi aangebied waar-aan twaalf spanne deelgeneem het.

Daar was spanne van Graaff-Reinet, George, Groot Brak en Oudtshoorn. Daar was ook ’n prys vir die “oudste” span wat deur Pierre de Lange en Willie van Zyl van Graaff-Reinet gewen is. Hulle is saam 120 jaar oud!

Volgens Lana Roos van die muurbalklub was dit ’n baie suksesvolle dag. “Almal het dit baie geniet ondanks die koue,” het sy gesê.

Beplanning vir die toernooi vir volgende jaar het ook reeds begin en die komitee beplan om groter te gaan en die Big Bird-toernooi in die vervolg moontlik oor twee of drie dae te hou met heelwat meer spanne wat kan deelneem.