Timbercity Ostrich Classic

Desmond Malgas (links) wat die Timbercity Ostrich Classic-gholfdag saam met sy kleindogter, Chloé Malgas-Kelpin (naaslinks) gewen het. By hulle is Petro Westraad (middel) en Tessa van Greunen, albei van Timbercity, en Paul Stroebel, klubkaptein van die Oudtshoorn Gholfklub.

Chloé, oupa wen Ostrich Classic

Deur Higgo Jacobs
DIE Timbercity Ostrich Classic Saterdag waaraan 110 spelers deelgeneem het, is gewen deur Desmond Malgas en sy kleindogter, Chloé Malgas-Kelpin, met ’n telling van 48 punte.

Deon Barnard en Marius Wilken ( 47 punte) was tweede en Louis Fourie jr en Hein Jonker, ook met 47 punte, op ’n uittel derde. Colin Swigelaar en Garth Matthews was vierde en A Swanepoel en C Griebenouw vyfde.

Onder die nie-golfspelers was Jacobus Arries en sy seun, Sergio, die wenners met 49 punte.

Chloé het op die 13de putjie die langste dryf geslaan. Wilken het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan, Makka Swart op die 8ste, Dave Greeff op die 12de en Ian Laubscher op die 15de.

Jacobus Arries (links) en sy seun Sergio het die beste punte, naamlik 49, onder die gholfspelers wat nie lede is nie aangeteken. By hulle is Petro Westraad en Tessa van Greunen, albei van Timbercity,