Thysses se duiwe vlieg voor

Deur Higgo Jacobs
Willie en Suyen Thysse van die Oudtshoorn Duiweklub se wedvlugduiwe het Vrydag (6 September) vier eerste plekke losgevlieg in die Ope 1- en Ope 2-wedvlugte vanaf Bloemhof in die Vrystaat.

Die Ope 1-wedvluguitslae is: Thysses – 1, 2, 5, 6, 8, 11, 12, 13 en 16; Lipstick Hokke – 3, 7, 14 en 17; Ockie en Abe – 4; en Night Drops – 9, 10 en 15.

Die Ope 2-wedvluguitslae is: Thysses – 1, 2, 7, 9, 12, 15 en 16; Night Drops – 3, 4, 6, 10 en 17; Lipstick Hokke – 5, 8, 13 en 14; en Ockie en Abe – 11.