Hoërskool Oudtshoorn is besonder trots om aan te kondig dat drie van ons talentvolle rugbyspelers vir 2026 in gesogte jeugspanne opgeneem is. Hierdie prestasie getuig nie net van hul harde werk en toewyding nie, maar ook van die hoë standaard van rugby wat by die skool gehandhaaf word. In die o. 16 Grant Khomo-span is Aldino Jaftha opgeneem.
Aldino het deur die seisoen uitgestaan met sy uitstekende spelvernuf, dissipline en deursettingsvermoë op die veld. Sy insluiting in hierdie span is ’n welverdiende beloning vir sy konsekwente harde werk.
Verder is twee spelers in die o. 18 Cravenweekspan opgeneem, naamlik A-Jay Julies en Bronwin Swiegelaar.
Beide spelers het hul staal deur die loop van die jaar gewys en ’n groot bydrae tot die skool se rugbyspan gelewer. Hul vaardighede, spanwerk en leierskap maak hulle waardige verteenwoordigers van Hoërskool Oudtshoorn.
Die skoolgemeenskap wens hierdie spelers alle sterkte toe met hul voorbereiding en deelname. Ons is oortuig daarvan dat hulle hulself uitstekend sal handhaaf en die skool se naam met trots sal uitdra. Baie geluk aan Aldino, A-Jay en Bronwin met hierdie besondere prestasie. (GRANWILLE GOLIATH)
Talentvolle Struisies-rugbyspelers opgeneem in gesogte jeugspanne
Foto verskaf