Die twee spanne van Oudtshoorn, Bridgton en die Harlequins, wat in die SWD Superliga A-af- deling speel het verlede naweek albei hul wedstryde verloor.
Bridgton wat teen Heidelberg gespeel het, het hul wedstryd verloor met 16-23.
Die span van die Harlequins het teen George gespeel en hul telling was 21-24 in die guns van George.
Bridgton lê 5de op die punteleer met 30 punte na 8 wedstryde en die Harlequins is 10de met 15 punte na 10 wedstryde.
In die SWD Eerste Liga A-afdeling het Collegians se A-span hul wedstryd gewen teen Thistles met 33 punte teenoor 14.
Die All Blacks se A-span het ongelukkig hul wedstryd teen die Seagulls verloor met 11-17.
In die wedstryde van die SWD Eerste Liga B-afdeling het die spanne van Dysselsdorp Rangers teen die Spring Roses gespeel.
Dysselsdorp het albei hul wedstryde gewen met die A-span se telling van 25-13 en die B-span se telling met 20-10.
Calitzdorp Klippies het ook hul wedstryd teen Zoar United gewen met ’n telling van 26-20. (Deur Lindi Brill)
SWD Rugbyliga-wedstrydnuus
Die eerste rugbyspan van die Harlequins wat verlede Saterdag teen George by die weermag velde in Oudtshoorn gespeel het. Die Harlequins het hul wedstryd verloor. Foto: Verskaf