Stars wen derbystryd

Hershell America van Union Stars wat vier paaltjies laat kantel het.

UNION STARS het Saterdag op die Bridgton Sportgronde in die SWD Premierliga vir Western Hope met vier paaltjies verslaan.

In dié plaaslike derby-eendagwedstryd het Union Stars al die kolwers van Western Hope, wat eerste gekolf het, vir 84 lopies uitgehaal.

Veral Hershell America, Union Stars se sterbouler wat ook vir SWD speel, was sy klub se top-presteerder. Hy het vier paaltjies vir slegs 25 lopies laat kantel.

Union Stars het hierna 87 lopies met nog vier paaltjies staande aangeteken om die wedstryd gerieflik te wen.

Die Stars-kolwer Pieter Stuurman het sy span se kolfbeurt geanker. Hy het 31 lopies (nun) geslaan toe sy span die wenteiken verbygesteek het.

Damain Esau (4/47) was Western Hope se beste bouler.

• In nog ’n Premierligawedstryd het Pioneers vir Pacaltsdorp United verras deur hulle met drie paaltjies te klop.

Pacaltsdorp, wat eerste gekolf het, het 148 lopies (almal uit) aangeteken, waarna Pioneers 150/7 aangeteken het.