Stars haak vas

Union Stars, SWD T20-kampioen, het Sondag albei sy wedstryde om vir die nasionale T20-klubtoernooi te kwalifiseer, verloor.

Hulle het met 6 paaltjies teen die Boland-kampioen, Brackenfell, verloor, en met 43 lopies teen die WP-kampioen, Bellville.

Brackenfell, wat Bellville geklop het, dring nou deur na die nasionale klubtoernooi.
• Union Stars speel vanaf Saterdag in die Paarl in die uitspeelrondes van die 50 boulbeurttoernooi om die Momentum Beker. Hulle speel Saterdag teen Maties en Sondag teen Bellville.