Stars gee Mosselbaai pak

Deur Higgo Jacobs
Union Stars het Sondag sy posi-sie bo-aan die punteleer van die SWD Premierkrieketliga verstewig deur vir Mosselbaai met ses paaltjies te klop.

Mosselbaai wat eerste gekolf het, kon net 150 lopies in die toegelate 50 boulbeurte aanteken. Tony Ferreira (51) en Ettiene Botha (19) was Mosselbaai se beste kolwers.

Vir Stars het Monre May 2/17, Envirino Swartz 2/28 en Dyllen Nuys 2/32) die beste met die bal gevaar het.
Stars het die telling van 150 verby gesteek met nog ses paaltjies staande.

Levano Nathan (50*), Leroi Bredekamp (34), Envirino Swartz (22) en Geoffrey Perel (20) was Stars se beste kolwers.

• Stars beklee ná 9 wedstryde met 39 punte steeds die boonste plek op die Premierliga-punteleer.
Mosselbaai is ná 8 wedstryde met 28 punte in die tweede posisie en George na 7 wedstryde derde met 21 punte.
Harlequins Magte het 17 punte en Ramblers is onderaan die punteleer met 9 punte.
In die Promosieliga het Calitzdorp Young Stars vir Sussex met 84 lopies geklop. Calitzdorp, wat eerste gekolf het, was almal uit vir 137 lopies waarop Sussex met 53 lopies geantwoord het.
In die Reserweliga het Union Stars B (148) vir Mosselbaai B (116) met 32 lopies geklop.

• Die wedstrydbepalings vir die naweek is (tuisspanne eerste):
Saterdag Promosieliga: Ladismith vs Thembalethu, Calitzdorp vs New Dawn Park, Glen Roses vs Dysselsdorp, Bongolethu vs Sussex. Vroue-liga: Harlequins Magte vs Western Hope. Reserweliga: George C vs Bongolethu B, Union Stars B vs Pirates United B.

Sondag Reserweliga: Harlequins Magte B vs Pioneers B, Rambles B vs Union Stars B, Union Stars C vs George C. Vroueliga: Riversdal vs Union Stars.