Matthys maak weer so!

Matthys Beukes Saterdag in aksie.  Foto: Zoon Cronjé

Matthys Beukes Saterdag in aksie. Foto: Zoon Cronjé

Image from the 2018 Momentum Health Attakwas Extreme presented by Biogen captured by Zoon Cronje for www.zcmc.co.za

Image from the 2018 Momentum Health Attakwas Extreme presented by Biogen captured by Zoon Cronje for www.zcmc.co.za

Ariane Lüthi

Ariane Lüthi

Yolandé de Villiers

Yolandé de Villiers

MATTHYS BEUKES, ’n ou bekende hier op Oudtshoorn, het Saterdag stof in die oë van onder andere top internasionale berg­fietsryers geskop deur die moordende Atta­kwas Bergfietsren oor 121km tussen Oudtshoorn en Groot Brakrivier te wen in 4:56:56.

Die bergfietsren is laas in 2012 deur ’n Suid-Afrikaner gewen toe Beukes ook eerste oor die eindstreep gery het.
Die vroue-afdeling is gewen deur Ariane Lüthi (5:45:11), Switserse marathonkam­pioen wat die Attakwas al vyf keer vantevore gewen het.

Die Momentum Health Attakwas Extreme, presented by Biogen, soos die ren volledig bekendstaan, het vanjaar die twaalfde keer plaasgevind en word met klimwerk van 2900 m beskou as die moeilikste bergfietsmarathon in Suid-Afrika.
Tim Böhme (5:06:02) van Duitsland, wat verlede jaar die ren saam met Karl Platt, ook van Duitsland, gewen het, was die tweede man oor die eindstreep, nege minute ná Beukes.

Philip Buys (5:12:13) was derde.

In die vroue-afdeling was Jennie Stenerhag (5:57:11) tweede en Sabine Spitz (6:01:31) derde.

Yolande de Villiers (6:01:32) van Oudts­hoorn was vierde. Sy het net-net die derde plek gemis nadat sy net voor die eindstreep van die pad afgery en spoed verloor het.

• Die Attakwas en Spur Mini Atta het die meeste deelnemers nog gelok met altesame sowat 1 400 ryers wat weggespring het.
Die fietsren, wat bekend is vir sy uitdagende weer, onder meer die Klein Karoo se versengende hitte, het by Chandelier net suid van Oudtshoorn onder ’n wolklose hemelruim begin. Teen die Attakwas uit het dit bewolk geraak en het die wedren in reënerige toestande by Pine Creek by Groot Brakrivier klaargemaak.
Volgens die organiseerders, Dryland Event Management, was vanjaar se Atta­kwas die natste nog in die geskiedenis van die fietsren.

• Die Oudtshoorniete wat die Attakwas Extreme voltooi het, is (met tyd in hakies) Jan-Paul Gerber (5:41:42) wat algeheel 15de was, Kobus Barnard (6:22:00), Fienie Barnard (6:32:04)), Johan Griffioen (7:31:23), Anru de Wet (8:47:46), Vaughn Shone (9:03:35), Jaco von Molendorff (9:55:04) en Theunis Botha (10:00:05).
Oudtshoorniete wat die Spur Mini Atta voltooi het, is Charlissa Schultz (2:49:15), Pieter de Jager (3:04:46), Christo de Jager (3:09:06), Pieter Willem de Jager (3:09:07), Willemien van Tonder (4:18:21) en Llewellyn Harris (4:51:14).