
Die Eden Toutrekkampioenskappe het verlede Saterdag, 24 Februarie, by die Oudtshoorn Vaardigheidskool plaasgevind. Verskeie Laer- en Hoërskole het deelgeneem en hul spiere laat bult. Bo is die span van die Vaardigheidskool se toutrekklub wat ’n silwer medalje verower het in die gemengde afdeling van 520 kg.
Die dogterspan het brons verower in die 440 kg afdeling. Foto’s: Kristie Potgieter, Devey Glinister en Facebook