
Die Laerskool Wesbank Chas Everitt Leopard Crawl MTB &Trail Run het verlede Saterdag, 17 Februarie, vir groot opwinding in Oudtshoorn gesorg. Die afstande wat gery kon word was 18 km, 45 km en 72 km. Daar was ook ’n 13 km trail run aangebied. Altesaam 561 inskrywings is vir die dag ontvang.
Die eerste drie manswenners vir die 72 km MTB was Willem Serfontein (1ste), Gert Beukes (2de) en Pierre Terblanche (3de). Die vroue wenners was Jackie Davidoff (1ste), Elzaan van Blerk (2de) en Beadri Eloff (3de).
In die 45 km MTB afstand was die eerste drie mans Ronaldino Williams (1ste), Voughan Blook (2de) en Angenilo Ayford (3de). Katinka Barnard (1ste), Noël Bell (2de), en Corné Serfontein (3de) het die eerste drie plekke van die vroue deelnemers gewen.
Die 18 km MTB se eerste drie mans was Anda Nqumse (1ste), Siphosihle Lucas (2de) en Hannes Schoeman (3de), met die vroue wenners Alrie Eloff (1ste), Jeanette Terblanche (2de) en Bea Strydom (3de).
Pierre Alexander (1ste), Trevor Mazibuko (2de) en Gerhard van Jaarsveld (3de) was die eerste drie atlete oor die streep in die 13 km Trail Run, terwyl Teresa Bester (1ste), Lienke Ungerer (2de) en Cornel Kruger (3de) die eerste drie vroue was wat die wenstreep oorgesteek het. (Deur Lindi Brill)