DIE Oudtshoorn Rolbalklub se sakeliga skop weer af op Woensdag, 5 Februarie, en besighede word genooi om ’n span in te skryf.
Die spanne, bestaande uit vier lede, sal elke Woensdag vir ses weke op ’n ligabasis teen mekaar meeding. Kontantpryse van R1200, R1000 en R800 is op die spel.
Dit is ’n uitstekende spanbou- en netwerk-geleentheid.
Inskrywings kos R1 000 per span en die sluitingsdatum is 29 Januarie. Om in te skryf of vir meer inligting, kontak Jan van Niekerk by 083 731 6869.
Skryf in vir rolbalsakeliga
