OP 17 Augustus het 12 skopboksers van Grebe’s Kickboxing Club aan die jaarlikse Eden skopbokskampioenskappe in George deelgeneem en met trots 13 goue-, 7 silwer- en ’n brons medalje verower.
Die toernooi is deur al die klubs in die Eden-distrik bygewoon en daaruit word die Eden skopboksspan gekies om aan die Wes-Kaap Kampioenskappe van 20-22 September in Saldanha deel te neem.
“Baie dankie aan Eden Kickboxing vir die platforms en geleenthede wat geskep word om ons atlete die beste moontlike geleenteheid te bied en daardeur positiewe hoop in hul lewens in te bou, sodat hulle ’n verskil in ons samelewing kan maak deur die sport”, het Ranger Grebe, afrigter van Grebe’s Kickboxing Club, gesê. (Deur Lindi Brill)
Skopboksers presteer by Eden-kampioenskappe
Voor: Ranger Grebe, Reon Lombard (goud en silwer), Stian Jonker (goud en silwer), Reghardt Wolmarans (2x goud) en Lize-Mari Mostert (goud en silwer). Agter: Divan van Deventer (2x goud), Simon Greeff (2x goud), Luan Mattheüs (2x goud) en Joshua Smith (goud en silwer). Afwesig tydens neem van foto was Cole Griffin (silwer, brons), Heath Classen (silwer), Audan Olivier (goud) en Divan Rademeyer (silwer). Foto: Verskaf