Die B-span van die All Blacks het op Saterdag, 14 September, hul titel suksesvol verdedig in die SWD Eersteliga A se B-afdeling wat op Outeniqua Park in George gespeel is.
Die All Blacks se B-span het die span van Silver Stars gewen met 15-13 nadat hulle met halftyd 5-13 agter was. Donovan Lottering is as die speler van die wedstryd gekies.
Die twee spanne van Harlequins Forces het ook verlede Saterdag in die eindstryd van die Uitdaagbeker se A en B-afdeling teen Evergreens gespeel. Die A-span van die Quins het met 22-31 verloor, terwyl die B-span met 7-15 verloor het. (Deur Lindi Brill)
All Blacks doen dit weer, verdedig titel suksesvol
Die All Blacks se B-span het hul titel vir die SWD Eersteliga A se B-afdeling suksevol verdedig nadat hulle verlede Saterdag in die eindstryd teen Silver Stars gewen het met 15-13. Foto: Verskaf