Skolerugby-aksie

‘n Speler van die Hoërskool Protea se o.14-span word verlede Donderdag hard aarde toe gebring deur Steve Witbooi, vleuel van Aurial Kollege, in die twee spanne se wedstryd op die Bridgton Sportgronde. Die o.14-span van Aurial wen 20-19. Protea se o.16-span het Aurial met 17-0 gewen.

Roaul Malish, stut van Bridgton Senior Sekondêr se o.15-rugbyspan, breek Dinsdag, 16 April, met die bal in sy span se wedstryd op Colridge Primêr se sportgronde teen die onafhanklike skool Curro van Moisselbaai. BSS het die wedstryd met 55-3 gewen. Foto’s: Ebenezer Titus

Romeo Gericke, stut van die Hoërskool Morester se o.19A-span, duik verlede Donderdag oor vir een van sy twee drieë in sy span se wedstryd teen die Hoërskool Haarlem in die Lang­kloof. Môrester het die wedstryd, wat op die Bridgton Sportgronde gespeel is, is met 26-6 gewen. Herchelle Kammies en Jeandre Smith het ook elkeen ’n drie gedruk en Erban Ayford het twee strafdoele behaal. Hoërskool Môrester se o.15’s het met 22-0 gewen en die o.16’s met 32-0.

Bo en onder: Aksie uit Saterdag se wedstryd tus-sen Collegians en Saulsvlakte op die Bridgton Sportgronde. Collegians het met 57-0 gewen.