Salman wen 143ste Oudtshoorn Parkrun

Die wegspring van Saterdag se Parkrun.

Die wegspring van Saterdag se Parkrun.

Deur Garnett Wicomb
BOOI Salman het Saterdag die 143ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Olive Estate met ’n vinnige tyd van 18 min gewen. Die haastige Salman was al in talle Parkruns eerste oor die eindstreep.

Louis Burger (18) was tweede in 19:58 en Greens Groenewald derde in 22:12.

Die 14-jarige William van Tonder was vierde in 23 min en ook soos verskeie kere vantevore die eerste junior oor die wenstreep.

Hierna het gevolg Francois Verwey (23:58), Matthys Myburgh (24:14), Henry Carstens (24:42), Brianna Pelham (24:46), Newald Groenewald (24:47) en Albertus Kennedy (25:01).

Die 16-jarige Pelham was die eerste junior vrou oor die wenstreep.

• Gertruida Roux het op Saterdag 6 Januarie haar 50ste Parkrun voltooi.
• Almal is welkom om aan die Parkrun deel te neem wat elke Saterdagoggend om 07:00 by Surval aangebied word.

Deelname is gratis.