Sakeliga nader einde

DIE Oudtshoorn Rolbalklub se bane gons met geesdrif op Woensdae te danke aan die besigheidsligawed-stryde wat weekliks daar plaasvind.
Altesame 208 spelers van 52 besighede van Oudtshoorn spook dit al die afgelope vier weke daar uit met die mededinging wat straf is.

Die laaste ronde wedstryde vind op Woensdag, 11 Maart, plaas.
Die vyfde ronde wedstryde is gister (4 Maart) afgehandel.

Volgens Alewyn Hanekom van die Oudtshoorn Rolbalklub is die Besigheidsliga ’n treffer. “Nêrens elders op Oudtshoorn vind so iets plaas nie.

“Die geesdrif onder die deelnemers is opvallend ,” het hy gesê.
Ná week vier beklee Helende ­Woorde die eerste plek, Saayman & Kie die tweede plek en PSP Timbers die derde plek Die res van die top tien plekke word ingeneem deur Looiery 1, Nostalgie, Eljada Kairos 1, Laerskool Wesbank, Van Reede 2, Hardebaarde en Oudtshoorn Sweiswerke.

Die name van die wenners sal die week ná die eindronde in Die Hoorn verskyn. (Deur Stefan Skapie Goosen)