DIE Groter Oudtshoorn Sportraad gaan saam met al die plaaslike rugbyklubs ’n rugbytoernooi aanbied vir alle klubs wat by die SWD Rugby-voetbalunie geaffilieer is om vriendskapsbande tussen die klubs te bou.
Die toernooi gaan terselftertyd die publiek van die Groter Oudtshoorn die geleentheid bied om al die plaaslike rugbyspanne in aksie te sien.
Die wedstryde word oor drie Saterdae gespeel waarvan die eerste op Saterdag, 18 Februarie, en die eindstryd op Saterdag, 4 Maart.
Volgens Julian Fillies, sekretaris van die Groter Oudtshoorn Sportraad, het All Blacks, Collegians, Oudtshoorn en Spring Roses reeds bevestig dat hulle gaan deelneem. Spanne kan nog inskryf.
Fillies het namens die sportraad die publiek genooi om al die wedstryde te kom bywoon en die dag saam te kom geniet.
Toegang is R5 vir die eerste twee wedstryde en R10 vir die eindstryd.
Leerders van 10 tot 17 jaar sal steeds R5 betaal.