DIE Oudtshoorn Rolbalklub is deesdae ’n miernes van bedrywigheid met klubkampioene wat een week ge-kroon word, en die immergewilde besigheidsliga wat die volgende week begin het.
Willem Rooi en Isma van Tonder, is Woensdag, 17 Februarie, as die Oudtshoorn Rolbalklub se ope mans- en ope vroue-klubkampioene aange-wys.
Liga-uitslae
Die klub se besigheidsliga, wat eers weens Covid-19-regulasies uitgestel is, het Woensdag 24 Februarie uiteindelik afgeskop.
Elke ronde word tans oor twee dae gespeel, Woensdae en Donderdae, om te verseker dat Covid-19-regulasies nagekom word.
Die eerste Woensdag het 17 spanne teen mekaar meegeding met Van der Berg Vervoer, Looiery, Wesbank Laerskool 1, Helende Woord en Fruit & Veg wat die eerste vyf plekke ingeneem het.
Die Donderdag het 16 spanne ge-speel met Timbercity, Kanni Worry, Riempie, Renault/Nissan en HB Prokureurs wat die eerste vyf plekke ingeneem het.
Aan die einde van die eerste ronde (maw Woensdag en Donderdag se wedstryde) het altesame vyftien spanne elkeen op vier punte gestaan.
Die posisie wat hulle ná de eerste ronde ingeneem het, is bepaal deur punteverskil, maw hoe ver hulle hul wedstryde gewen het.
Die algehele top-vyf plekke ná die eerste ronde se spel is ingeneem deur Van der Berg Vervoer, Timbercity, Looiery, Kanni Worry en Laerskool Wesbank 1. Van der Berg Vervoer en Timbercity loop kop aan kop met punteverskille van onderskeidelik 21 en 20. (Deur Stefan Skapie Goosen)
Rolbalkampioene en die sakeliga-uitslae
Willem Rooi (links) en Isma van Tonder. Foto: Alewyn Hanekom