Rangers hou blink kant bo

DIE rugbyspan van Dysselsdorp Ran- gers het Saterdag sy onoorwonne status in die Karoostreekliga behou deur in ’n wegwedstryd vir Glen Roses op Avontuur met 33-9 te klop.

Dysselsdorp, wat halftyd met 7-3 voorgeloop het, het vyf drieë gedruk vir nog ’n bonuspuntoorwinning. Dit was die span se vierde oorwinning ná mekaar.

Dysselsdorp het in die eerste helfte gesukkel om deur die opskietverde-diging van Glen Roses te dring.
In die tweede helfte het die voorspelers egter die verdediging ingesuig deur die bal langer te hou om ruimte aan die buitekant vir die agterspelers te skep.

Dysselsdorp se drieë is deur Lee Roy Jansen (flank), Eric Campher (agtsteman), Shavandré Lewis (skrumskakel), Donnie Makonie (los- skakel) en Davestin Esau (heel-agter) gedruk. Esau was suksesvol met vier doelskoppe.

Dysselsdorp se uitblinkers voorlangs was Campher, Jansen, André Fredericks (flank) en Peet Samson (slot). Agterlangs het Makonie, Fai-zel Jaftha (vleuel) en Lewis ook goed gespeel.

Dysselsdorp speel Saterdag teen Korrektiewe Dienste op Oudtshoorn nadat die wedstryde herskeduleer is. Korretiewe Dienste sal nou vir die tweede ronde na Dysselsdorp reis.