Ranger Grebe skopboksklub spog met medaljes gewen by die Eden Suidkus Uitdaag-skopbokstoernooi

Sewentien lede van Ranger Grebe se skopboksklub het Saterdag, 25 Augustus, medaljes gewen by die Eden Suidkus Uitdaag-skopboks-toernooi op George. Hulle is voor van links JC Matica (silwer), Caralize Kritzinger (brons), Jayden du Plessies (silwer/brons), Dirk-Herold Mostert (2 brons), Wian Marais (2 silwer), Wian Grebe (goud/brons), middel van links Sensei Ranger Grebe, Jacquine Strydom (2 goud), Megan Grebe (2 silwer), Ben Greeff (3 goud, 1 silwer), Ali Nait-Saidi (2 goud), en agter van links Mario Cassara (brons), Nicklaas Heyns (silwer) en Audan Olivier  (2 silwer). Op die inlas is Righardt van der Berg (silwer/brons), Andrea Poyana (2 silwer) en Jenovan Fortuin (silwer/brons). Afwesig: Anando Olivier (silwer/brons).