Twaalf plaaslike fietsryers het op Sondag 22 November as ’n span die uitdagende Double Century-fietswedren, wat in Swellendam begin en eindig, aangepak. Die wedren strek oor ’n afstand van 204 km.
Die span het onder die naam Prominent Paints deelgeneem en spreek graag hul waardering uit vir die ondersteuning en borgskap van Prominent Paints, wat gehelp het om hierdie geleentheid moontlik te maak.
Ten spyte van strawwe dele op die roete het al 12 spanlede die wedreen saam voltooi.
Met deursettingsvermoë en spanwerk het hulle die wedren in ’n tyd van 8 uur en 30 minute voltooi en daarmee die Charles Milner-medalje verower.
Spanne wat met al 12 fietsryers wegspring en saam oor die eindstreep kom, met die laaste spanmaat wat nie meer as 10 minute na die eerste voltooi nie, ontvang hierdie spesiale medalje. Hou die groep beslis dop!
Plaaslike fietsryers ontvang unieke medalje vir spanwerk
Van links na regs: Johan Griffioen, Jade Gerber, Mario McLeod, Corne Bence, Taught van Rensburg, Louis Visser, Rico Bence, Errol Pretorius. Afwesig: Tinus Elof, Louis Visser Jnr, Marshall Hendricks en Jacques Strydom.