Sondag was ’n wonderlike rugbydag op die Bridgton Sportgronde op Oudtshoorn. Hier sing lede van die A-span van die Bridgton Rugbyklub passievol hul klublied, “Jou noem ek net Bridgton, Ek is lief vir jou!”, voor die afskop van hul SuperSport Rugby Challenge-wedstryd teen ’n sterk span van Progress van George. Bridgton het die wedstryd met 39-32 gewen. Lees meer oor die sukses van dié dag op bladsy 4 en 12. Foto: Wyndham Ewerts