Oudtshoorn vereer 2016 se sportsterre

Oudtshoorn se Senior Sportman en Sport­vrou vir 2016 is onderderskeidelik die skopbokser Dawid Blom en die meesteratleet Toy Ungerer.

Hul pryse is verlede Donderdagaand (24 November) tydens die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit se sporttoekenningsonthaal vir 2016 in die Banketsaal van die Burgersentrum voor sowat 200 gaste aan hulle oorhandig.

Die sporttoekennings, wat vanjaar die 25ste keer aangebied is, het verlede jaar weens finansiële pro­bleme nie plaasgevind nie.

Die gasspreker by vanjaar se onthaal, Bennet Bailey, adjunk-direkteur van die Wes-Kaapse Department van Kultuursake en Sport, het gesê alle sportmanne en -vroue het voor 1994 nie altyd erkenning vir hul sportprestasies gekry nie.

“Gelukkig leef ons vandag in ’n oop demokra-tiese gemeenskap waar alle sportlui vir hul pres-tasies vereer word. Dit was nie altyd in die verlede so nie en ons moet verseker dat almal oor dieselfde kam geskeer word,” het Bailey gesê.

Die wenners in die verskillende kategorieë is:

  • Senior Sportman van die Jaar: Dawid Blom wat as lid van die Protea Kick Boxing-span aan die Turkse Ope Kampioenskap deelgeneem en twee silwer en ’n brons medalje gewen het;dawidblom

Dawid Blom, Senior Sportman van die Jaar (skopboks).

  • Senior Sportvrou van die Jaar: Toy Ungerer wat die wêreldrekord in die 400 meter twee keer tydens die wêreldkampioenskap vir meestersatlete in Australië verbeter het. Sy is ook die SA rekordhouer in nege atletiekitems;toyungerer

Toy Ungerer, Senior Sportvrou van die Jaar, wat haar toekenning van Colan Sylvester, burgemeester van Oudtshoorn, ontvang het.

  • Senior Sportspan: Union Stars-krieketspan;unionstars

Union Stars is aangewys as die Senior Sportspan van die Jaar. Pie-ter Stuurman het die prys namens die span ontvang.

  • Senior Sportadministrateur: Corné Botha;cornebCorné Botha, visie-president van Eden Fietsry, wat as Senior Admini-strateur van die Jaar aangewys is.
  • Junior Sportman: Louis Visser (fietsry);louisvisser

Louis Visser, Junior Sportman van die Jaar (fietsry).

  • Junior Sportvrou: Charné Byleveld (karate);charnebyleveld

Charné Byleveld, Junior Sportvrou van die Jaar (karate).

  • Sportman met gestremdheid: Gerrit Hendriks (rolstoelry);gerrithendriks

Gerrit Hendriks, Sportman van die Jaar met gestremdheid (rolstoelry).

  • Sportvrou met gestremdheid: Vicky Scheepers (fietsry);vickyscheepers

Vicky Scheepers, Sportvrou van die Jaar met gestremdheid (fietsry).

  • Ererol: Johan van Rooyen wat ’n gekwalifi-seerde tydhouer in fietsry was en commissaire wat by pad- en baanbyeenkomste opgetree het;
  • Skolesportadministrateur: Desmond Jansen;
  • Hoërskolesportman van die Jaar: XhantilomziNokoyo (rugby);
  • Hoërskolesportvrou van die Jaar: Annique Wolmarans (netbal);hoerskole

Die Hoërskole Sportvrou en Sportman van die Jaar is onderskeidelik Annique Wolmarans (netbal) en Xhantilomzi Nokoyo (rugby).

  • Hoërskole-afrigter: Ansley Theunissenansleyt

Ansley Theunissen, afrigter van die Hoërskool Oudtshoorn se o.19A-rugbyspan wat as Hoërskole-afrigter van die Jaar aangewys is.

  • Hoërskolesportspan van die Jaar: Langenho-ven Gimnasium se o.19 A-krieketspan;gimkrieket

Langenhoven Gimnasium se o.19A-krieketspan is as die Hoërskolesportspan van die Jaar aangewys. Grant Esau het die prys namens die span ontvang.

  • Laerskolesportman van die Jaar: Liam Hooper (gimnastiek);liamhooper

Liam Hooper, Laerskolesportman van die Jaar (gimnastiek).

  • Laerskolesportvrou van die Jaar: La Rashelle Vyfer (trompoppies);
  • Laerskolesportspan van die Jaar: Sacred Heart se trompoppies; en
  • Laerskolesportafrigter van die Jaar: Alicia Booysen (trompoppies).

sacred-heart

Sacred Heart is as die Laerskolesportspan van die Jaar aangewys. Van links is Hailey-Kim Booysen, lid van die span, Alica Booysen, afrigter van die span wat as Laerskole-afrigter van die Jaar aangewys is, en Amy Louis ook lid van die span.

(Deur Higgo Jacobs)