Verwey wen vleisreeks net!

Francois Verwey wat die Oudtshoorn Gholfklub se vleisreeks vanjaar gewen het.

Verwey wen vleisreeks net!

Francois Verwey het ná elf maande vir Paul Stroebel met slegs een punt ge­klop in die Oudts-hoorn Gholfklub se vleisdag­reeks wat Saterdag op ’n spannende noot geëindig het.

Verwey het 368 punte opgestapel teenoor Stroebel se 367. Verwey het die reeks verlede jaar ook gewen.

Louis Fourie jr het Saterdag se laaste ronde met ’n telling van 41 punte gewen, gevolg deur  Higgo Jacobs (39 punte), WM Badenhorst (38) en Niel Truter (35). Jacobs het die boerpot gewen en Godfrey Malgas het op die 3de naaste aan die pen ge-slaan. Spogtwees is geslaan deur Malgas en Louis Fourie op die 3de, Jaco Mortlock op die 8ste en Llewellyn Rheeder op die 15de.

  • Deon Barnard en Johan Cornelissen het Woensdag, 23 November, se gekombineerde stableford gewen  met 77 punte gevolg deur Louis Slabbert en Fanie Greeff (70), Jurie Neethling en Willem Burger (69), Marius Greeff en Paul Stroebel (68) en Hannes Smal en Barries Griebenouw (66).

Cornelissen het die boerpot gewen. Spogtwees is deur Verwey (8ste), Gary Hutchings (3de) en Barnard (3de en 15de) behaal.