Oudtshoorn toutrekkers maak die dorp trots

Bo: Die 680 kg manne in aksie. Foto's: Kiekie Photography Onder en heelonder: Die 680 kg gemengde span.

Spanlede van Oudtshoorn se toutrekspan, het op Saterdag 12 Julie in verskeie Eden Toutrekspanne, by die Wes Kaap Kampioenskappe in Kaapstad tou getrek.

Die spanne het goed presteer. Die 680 kg mansspan het brons verower in die President afdeling, terwyl die 580 kg gemengde span ook ’n met brons weggestap het in die President afdeling.

Die Oudtshoorn Toutrekspan is verlede jaar op die been gebring en presteer uitstekend.

In die spanne is nie net bekendes in besigheidsirkels en boere nie, maar ook gesoute toutrekkers wat op skool uitgeblink het. Hou hulle gerus dop. (ANGELIQUE ERASMUS)