Die spanne van die All Blacks Rugbyklub het verlede Saterdag hul wegwedstryd teen Happy Hearts gespeel in die Eersteliga A Top 8 uitspeelwedstryde.
Die A-span van die All Blacks het met 17 punte teenoor 22 vir die span van Happy Hearts verloor, terwyl die B-span hul wedstryd gewen het met 31-18.
In die Eersteliga B-afdeling het die Spring Roses vir Calitzdorp Klippies op hul tuisveld in Calitzdorp aangevat. Die A-span van Spring Roses het die wedstryd gewen met die eindtelling van 22-17. A.
Goliath, S. Abrahams en B. Avontuur het elkeen vir ’n drie gesorg, terwyl G. Lottering gesorg het dat twee doelskoppe deur die pale gestuur word.
Die Spring Roses se B-span het met 20-28 hul wedstryd teen die Klippies verloor. L. Harmse, L. Jafta en D. Belielie het elkeen eenmaal agter die pale gaan kuier, en A. Karelse het ’n doelskop en ’n strafskop aangeteken. (Deur Lindi Brill)
Oudtshoorn rugby-nuus van die naweek
Die All Blacks se B-span het verlede naweek hulle wedstryd teen Happy Hearts gewen met ’n telling van 31-18. Foto: Verskaf