
Die aksiebelaaide Zibi’s Sewes-toernooi wat jaarliks deur Bridgton Sekondêr aangebied word, het verlede Vrydag en Saterdag by die Plate in Bridgton plaasgevind.
Daar was 45 spanne, met altesaam 600 spelers wat aan die toernooi deelgeneem het. Die spanne het in 4 ou-derdomskategorieë deelgeneem, van o.8 tot o.19.
Dit is die eerste keer in 11 jaar dat die o.19 en o.16-spanne van Bridgton Sekondêr die beker huis toe neem, nadat hulle ’n witwarm toernooi gespeel het. Die o.16-span het hul finaal teen Hoërskool Môrester met 12-10 gewen en die o.19-span het die verdedigende kampioene, Worcester Sekondêr met 31-10 ge-klop.
Die Oudtshoorn skole se o.13-spanne het ook goed presteer. In die o.13-afdeling was Colridge Primêr die Bowl-wenners en Dysselsdorp Primêr het die Skild-trofee gewen. (Deur Lindi Brill)