Die Oudtshoorn Rolbalklub het vir die tweede jaar agtereenvolges die Karoobeker gewen. Die Karoobekertoernooi oor drie dae word jaarliks by die Karoopark Rolbalklub op Beaufort-Wes gespeel. Die trotse wenners is (van links) Ian Cochrane, Charlotte Fernhout, Johan Fernhout (skipper) en Hennie van Greunen. (Foto verskaf.)