Oudtshoorn RFC klop All Blacks RFC

Photo: Unsplash (Chris Robert)

Rugbyliefhebbers is die afgelope naweek behoorlik vermaak tydens ’n opwindende Oudtshoorn-derby waarin die Oudtshoorn Rugbyklub se A-span met ’n indrukwekkende 43–11 oorwinning oor die All Blacks geseëvier het.

Die derby het vir harde, mededingende rugby gesorg, met albei klubs wat hul trots en veglus op die veld gewys het. Hoewel die uitslae in die laer spanne in die guns van die All Blacks was, het Oudtshoorn se A-span die dag met ’n sterk vertoning afgesluit.

In die C-span-wedstryd het die All Blacks met 16–7 gewen, terwyl hulle die B-spanstryd met 19–16 beklink het.

Die wedstryd was egter ’n ander storie toe die A-spanne die veld betree. Oudtshoorn het van die begin af ’n sterk aanslag geloods en uiteindelik met ’n gemaklike 43–11-sege van die veld gestap.

Die A-span se vertoning was ’n hoogtepunt van die dag en het gewys dat die Oudtshoorn-manne hul kanse benut en as ’n eenheid saamgespeel het. Die groot tellingverskil beklemtoon die span se oorheersing in die belangrikste wedstryd van die dag.

Die derby het nie net oor die uitslae gegaan nie. Spelers van albei klubs het hul harte op die veld gelos, terwyl toeskouers langs die veld die intensiteit en opwinding van plaaslike rugby kon geniet.

Die Oudtshoorn Rugbyklub het ná afloop van die wedstryde hul spelers, afrigters en bestuur bedank, asook die ondersteuners wat die span deur die dag aangemoedig het.

Die Oudtshoorn RFC is tans boa an die punte leer na hierdie oorwinning teen All Blacks. (GRANWILLE GOLIATH)

Be the first to comment on "Oudtshoorn RFC klop All Blacks RFC"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*