Laerskool Wesbank is trots om Klein Karoo Saadproduksie (KKS) as die skool se nuwe ankerborg te verwelkom. Hierdie besondere vennootskap is ’n belangrike belegging in die ontwikkeling en bevordering van sport by die skool.
Danksy KKS se ruim ondersteuning sal al Laerskool Wesbank se sportspanne voortaan in die amptelike skoolsportdrag geklee wees.
Die nuwe sportdrag skep ’n sterk gevoel van trots en eenheid onder die leerders en verseker dat die skool se spanne professioneel vertoon tydens sportbyeenkomste. Sport speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling van jongmense en leer leerders waardevolle lewensvaardighede, waaronder spanwerk, dissipline, deursettingsvermoë, verantwoordelikheid en respek.
Laerskool Wesbank spreek sy opregte dank en waardering teenoor KKS uit vir hul geloof in die skool se leerders en sport.
Die skool sien uit na ’n lang en suksesvolle ven-nootskap wat ’n positiewe verskil in die lewens van jong sportsterre sal maak.
KKS – dankie dat julle in ons kinders, ons sport en ons toekoms belê!
Laerskool Wesbank verwelkom Klein Karoo Saad as ankerborg
Foto: Ilse Jordan
Be the first to comment on "Laerskool Wesbank verwelkom Klein Karoo Saad as ankerborg"